Klank verskil met verskillende gewig pyle

Let others out there hear your view on new and old kit.Give advice on tuning, arrows, archery, and other kit.............

Moderators: Jakkas, Guardian, hawkster, Gerhard, Ranger, jcdup, James

Klank verskil met verskillende gewig pyle

Postby Mad Max » Fri Nov 03, 2017 3:39 pm

Na aanleiding van 'n lig/swaar pyle debat waar een van die voordele van swaarder pyle 'n stiller boog is, het ek onderneem om 'n paar klank toetse te doen. Jammer dat dit solank geneem het om die projek te finaliseer, werk kom maar met 'n hoër prioriteit.

Die algemene gevolgtrekking is dat hoe swaarder die pyle hoe stiller die boog. Wat ek nie kom meet nie, maar dit is my waarneming dat die klank van 'n skep geluid tot 'n dowwer geluid verander hoe swaarder die pyl word.

Wat egter interesant was is dat behalwe vir die RPM daar nie 'n noemenswaardige verskil in decibel's is tussen die 458gn en 554gn pyl nie maar daar 'n grote verandering tussen die 554gn en die 654gn en weer na die 950gn pyl is. Die RPM het nie heeltemal dieselfde patroon as die ander boe gevolg nie.

Ek was verras dat die Reign en die Omen baie dieselfde decibels gemeet het, ek het verwag dat die Omen baie meer sal raas.

Bernard, die Switchback was die stilste boog! Maar hy het ook stiller geword hoe swaarder die pyle word.

20 yards weg van die hide is die boe baie stil en moes ek 'n paar keer lesings neem met veral die swaarder pyle omdat die klank, behalwe vir die RPM, baie dieselfde was as die agtergrond geraas met duiwe en voels wat sing.

Ek het die lesing geneem en moes mooi luister on die pyl te hoor wanneer die voels ophou sing.

Ek dink die feit dat 20 yards van die hide is die pyle oor die algemeen stiller maar die meer dowwer geluid van die swaarder pyle veroorsaak dat die diere anders reageer as 'n skerper klank.

Hierdie is geensins hoogs wetenskaplik gedoen nie en ons het bloot die lesings geneem.
Attachments
Klank toetse.JPG
Klank toetse.JPG (84.03 KiB) Viewed 239 times
Reign 6 70# 618gn 263fps 95ke 0.72 slugs
RPM 360 70# 618gn 272fps 102ke 0.75 slugs
PSE OMEN MAX 80# 950gn 233fps 114ke 0.99 slugs
GT Kinetic XT Big Game 200 spine 618gn FOC 15%
Carbon Core Nightmares 150 spine 950gn FOC 20%
Mad Max
Specialist
Specialist
 
Posts: 274
Joined: Tue Mar 26, 2013 8:14 am
Location: Alberton

Re: Klank verskil met verskillende gewig pyle

Postby Eraser » Fri Nov 03, 2017 3:59 pm

Baie interessant. RPM is is baie harder as die ander...... Maar soos jy sê, die klank verander van skerp na "diep"
The Buck stops here!

2014 Bowtech Insanity CPXL 80# @ 70# 32" DL
Vapor Trail Pro V
Carbon Core Stalker 250 (568gn 15% FOC) @ 280f/s
KE 98.8ft-lb
Mom. 0.706 slugs
User avatar
Eraser
Captain
Captain
 
Posts: 1788
Joined: Wed May 13, 2009 5:02 pm
Location: Pretoria (Wonderboom Suid)

Re: Klank verskil met verskillende gewig pyle

Postby sPRINGHAAS » Sat Nov 04, 2017 6:31 am

Dis great. Dankie vir die deel. Ek het ook nogal gewonder hoe mens op 20y van hide af die klank gemeet gaan kry aangesien ek van opinie was dat die fletch geraas of omgewing dalk reeds harder gaan wees as die boog self.


Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Mathews Monster MR7
sPRINGHAAS
Specialist
Specialist
 
Posts: 233
Joined: Mon May 13, 2013 10:53 pm
Location: Mpumalanga

Re: Klank verskil met verskillende gewig pyle

Postby Philip Roets » Mon Nov 06, 2017 12:12 pm

Dankie Andre, dis baie interesant. Maar bewys darem wat verwag was.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Bowtech Insanity CPX 80lb
Easton FMJ 250 Dangerous Game
Magnus Stinger
User avatar
Philip Roets
Staff Sergeant
Staff Sergeant
 
Posts: 673
Joined: Thu Feb 06, 2014 8:51 am
Location: Worcester

Re: Klank verskil met verskillende gewig pyle

Postby Eraser » Mon Nov 06, 2017 1:54 pm

Kan die slim manne vir ons sê hoe groot die verskil 6db is.

Ek het dit dat 3db basies verdubbeling in volume is. Ek aanvaar dit sal dus volume halveer as dit afwaarts gaan. Dit maak dus dat daar eintlik 'n groot verskil in klank volume is tussen die ligste en swaarste pyl.
The Buck stops here!

2014 Bowtech Insanity CPXL 80# @ 70# 32" DL
Vapor Trail Pro V
Carbon Core Stalker 250 (568gn 15% FOC) @ 280f/s
KE 98.8ft-lb
Mom. 0.706 slugs
User avatar
Eraser
Captain
Captain
 
Posts: 1788
Joined: Wed May 13, 2009 5:02 pm
Location: Pretoria (Wonderboom Suid)

Re: Klank verskil met verskillende gewig pyle

Postby Mad Max » Tue Nov 07, 2017 5:27 am

Ek het die lesings geneem in dB(A), die A kategorie reflekteer die reaksie van die menslike oor op geraas vlakke.

Elke verhoging van 3 dB verdubbel die intesiteit of die akoestiese krag soos jy tereg opgemerk het Vick. Maar nou verstaan ek ook dat elke mens verskil en die persepsie van die luidheid van klank is relatief en die meeste mense ervaar dat ‘n klank 2 maal harder is maar in werklikheid is daar ‘n 10dB verskil in klank wat eintlik daarop dui dat die klank 10 maal harder is.

Wat ek ook waargeneem het is dat ek het die Omen se lawaai met en sonder limbsavers get meet en die decibels het met 1 verskil maar die klank was skerper sonder die limbsavers.
Reign 6 70# 618gn 263fps 95ke 0.72 slugs
RPM 360 70# 618gn 272fps 102ke 0.75 slugs
PSE OMEN MAX 80# 950gn 233fps 114ke 0.99 slugs
GT Kinetic XT Big Game 200 spine 618gn FOC 15%
Carbon Core Nightmares 150 spine 950gn FOC 20%
Mad Max
Specialist
Specialist
 
Posts: 274
Joined: Tue Mar 26, 2013 8:14 am
Location: Alberton

Re: Klank verskil met verskillende gewig pyle

Postby Bernhardt » Fri Nov 10, 2017 8:29 am

Askuus vir laat reply ek was bietjie besig laaste tyd.

Goeie resultate en presies wat ek verwag het! Almal het geweet swaarder pyl gaan in n mate sagter wees maar wat geclaim word is dat dit baie sagter is!!! Dit is nou bewys dat al is dit sagter, dit nie genoeg is om te claim bok hoor dit nie. Hoe se Mythbusters.........BUSTED!!!!!

Waarom sal jy vir 3db verskil n mal stadige pyl wil skiet? Vinnige pyle BO!!!! My vermoede is dat die fletch geraas op 20 yards die meeste klank is wat bok hoor en nie noodwendig die boog so erg nie. (Wil dit nog toets, of is dit wat die weg van hide en 20 is?)
Wat ek iewers gelees het is dat 10dB n verdubeling in klank is vir normale gesonde ore. Sodra jy begin gehoor verlies toon kan tot 15dB eers verdubbelling wees.

Enigste ding wat hier nog n rol kan speel is dat skerp en dowwe klank n veskil kan maak. Ek het gedink dat ek nog die jaar iewers gaan tyd he vir toetse, maar is tot my verlof toe elke naweek besig. Sal probeer vroeg volgende jaar toetse doen
Hunting:
MONSTER MR7 @ 78# and 28.5"
Boss Hog sight 5 pin
NAP Apache rest
GoldTip Kinetic 200 @ 540gr
Rage Hypodermic, SlickTricks, Nitron, Stinger buzzcut & Killzone

Field:
Bowtech Boss @ 60#
Spot Hog Real deal 5 pin
NAP Nighthawk rest
CC Nightmare 350 @ 400gr
User avatar
Bernhardt
Sergeant First Class
Sergeant First Class
 
Posts: 835
Joined: Fri Jan 17, 2014 1:13 pm

Re: Klank verskil met verskillende gewig pyle

Postby Philip Roets » Fri Nov 10, 2017 10:45 am

Bernhardt ek dink dit is seker maar vir elkeen om self te besluit of dit soos jy sê busted is. Volgens my is die verskil groot genoeg, want klank is nie al wat mens op wen nie, momentum is baie beter as KE in n pyl.

Nog n ding wat mens eintlik sal moet meet saam met die dB is die frekwensie van die klank, n lae frekwensie klank gaan baie beter wees as n hoë skerp klank, en as mens in ag neem dat die 5 of 6 dB laer klank saam met n laer frekwesie is dan raak die prentjie nog beter vir die swaarder pyle.




Musgrave 375 H&H
Krico 223 Rem
Bowtech Insanity CPX 80#
Bowtech Insanity CPX 80lb
Easton FMJ 250 Dangerous Game
Magnus Stinger
User avatar
Philip Roets
Staff Sergeant
Staff Sergeant
 
Posts: 673
Joined: Thu Feb 06, 2014 8:51 am
Location: Worcester

Re: Klank verskil met verskillende gewig pyle

Postby Mad Max » Fri Nov 10, 2017 6:49 pm

Bernard, soos jy tereg opgemerk het vir elke 3db verdubbel die hardheid van die klank. So vir helfte die hardheid van die klank is dit vir my die moeite werd.

Verder soos Phillip aangedui het verskil die frekwensie van die klank en ‘n swaarder pyl het ‘n dowwer klank.

Wanneer ‘n bok ‘n skerp geluid hoor sping hy gewoonlik dadelik weg, ‘n dowwer geluid laat hom meestal opkyk.

Dis my ervaring in elk geval. Ek het op ‘n stadium met my 80lb Omen ‘424gn pyl teen 352fps geskiet. Ek het die spoed ding gedoen.

Ek het ook genoem dat ek gesukkel het om lesings teen 20y van die hide met swaar pyle te neem omdat die agtergrond lawaai en die van die pyl nie maklik onderskei kon word nie.
Reign 6 70# 618gn 263fps 95ke 0.72 slugs
RPM 360 70# 618gn 272fps 102ke 0.75 slugs
PSE OMEN MAX 80# 950gn 233fps 114ke 0.99 slugs
GT Kinetic XT Big Game 200 spine 618gn FOC 15%
Carbon Core Nightmares 150 spine 950gn FOC 20%
Mad Max
Specialist
Specialist
 
Posts: 274
Joined: Tue Mar 26, 2013 8:14 am
Location: Alberton

Re: Klank verskil met verskillende gewig pyle

Postby Bernhardt » Mon Nov 13, 2017 3:32 pm

Ek hoor julle, maar daar is presies die antwoord wat ek nog heeltyd voor gewag het. Frekwensie is baie belangriker as rerig die dB veskil. Daarom dat ek glo Mathews se vroeer boee het baie beter gevaar as ander, want was baie diep dowwe geluid teenoor meeste boee wat meer n "ting" geluid gemaak het.

Ek het n baie interressante gesprek vandag met n sound surveyor gehad. Hulle het kom toetse doen op site om hearing protection te spesifiseer. Volgens hulle skale is klank nog moeiliker bepaalbaar as wat ons maak dit is. Hy se vir omgewings klank van tussen 45 en 68dB, sal die klank hardheid om menslike oor eers verdubbel het as dit 15dB hoer is. Dit is van toepassing op frekwensies tussen 200 en 3000 Hz, laer en hoer werk bietjie anders. Bv n kriek is by 5000hz en net 5dB harder is n verdubbeling.

Dan tussen 78 en 89 dB kan n verhoging van 7dB al verdubbeling wees en 89dB tot 100dB kan tot so min as 2dB n verdubbeling (hier raak frewkwensie bande baie kleiner en dus kan dit so sensitief wees). Hierdie is ook maar guidelines omdat dit by elke persoon gaan verskil, afhangend van sensitiwiteit van oor.

Hierdie sal seker maar een van daai topics bly waar n Toyota man glo Toyota is beter as die res al weet hy diep in sy hart hy lieg vir homself en hoop maar die brand is nogsteeds so goed soos hy jare terug was!! (Ry self n Toyota :oops: , maar ook n Amarok :mrgreen: )
Hunting:
MONSTER MR7 @ 78# and 28.5"
Boss Hog sight 5 pin
NAP Apache rest
GoldTip Kinetic 200 @ 540gr
Rage Hypodermic, SlickTricks, Nitron, Stinger buzzcut & Killzone

Field:
Bowtech Boss @ 60#
Spot Hog Real deal 5 pin
NAP Nighthawk rest
CC Nightmare 350 @ 400gr
User avatar
Bernhardt
Sergeant First Class
Sergeant First Class
 
Posts: 835
Joined: Fri Jan 17, 2014 1:13 pm


Return to Equipment Reviews