Wasp Drone

Let others out there hear your view on new and old kit.Give advice on tuning, arrows, archery, and other kit.............

Moderators: Jakkas, Guardian, hawkster, Gerhard, Ranger, jcdup, James

Wasp Drone

Postby Shoes » Fri Aug 19, 2016 12:01 pm

Ek skiet nie baie hoë ponde met my jagboog nie. Met my laaste jag het 'n rooibok my sleg gesnaarspring en ek het hom in die skouer geskiet.

Daar was feitlik geen bloed nie en ons het ongelukkig die spoor verloor. Die honde kon ook nie hond haaraf gemaak het nie.

Ek het met 'n Rage Hypodermic geskiet. Ek het die pyl sowat 30 tree verder opgetel vanwaar dit die bok getref het. Dit het uitgeval en daar was ongeveer so 10cm diep bloed op die pyl. Die broadhead was flenters geskiet en ek moes albei die lemme vervang.

Skootplasing is koning maar tog voel ek dat my kanse beter kon gewees het as ek beter penetrasie kon kry. Daarom kyk ek na alternatiewe vir die Rage.

Op die internet praat hulle baie goed van die Wasp Drone, veral hulle penetrasievermoë ivm ander jagpunte. Ek het einde Meimaand gaan blouwildebeeste jag. Vir die geleentheid het ek my pyle met Slick Tricks gelaai en ek het baie goeie penetrasie gekry. Is dit die moeite werd om na iets anders te kyk of moet ek maar by Slick Tricks hou.

Ek sal graag julle opinies wil hoor oor hierdie aangeleentheid.
Mathews Halon 6
Bowtech Specialist
Shoes
Private
Private
 
Posts: 38
Joined: Tue Sep 03, 2013 12:25 pm

Re: Wasp Drone

Postby VdW » Fri Aug 19, 2016 12:11 pm

Hulle lyk vir my heel goed. Ek sal hulle self ook 'n kans wou gee, waar het jy gekry?

(Niks fout met die ST nie, maar daar is maar altyd 'n gekrap wat net 'n nuwe bh kan uitsorteer)
VdW
Second Lieutenant
Second Lieutenant
 
Posts: 1215
Joined: Sun Nov 09, 2008 12:44 pm

Re: Wasp Drone

Postby Philip Roets » Fri Aug 19, 2016 12:33 pm

Ek sou net by die SlickTrick hou, hy het darem een lem meer en is al oor en oor bewys.


Hoyt Maxxis 31 DG 90# @ 28,5"
Bear Assault 70#
Musgrave .375 H&H
Krico .223 Rem
Bowtech Insanity CPX 80lb
Easton FMJ 250 Dangerous Game
Magnus Stinger
User avatar
Philip Roets
Staff Sergeant
Staff Sergeant
 
Posts: 672
Joined: Thu Feb 06, 2014 8:51 am
Location: Worcester

Re: Wasp Drone

Postby Shoes » Fri Aug 19, 2016 12:56 pm

VdW. Ek kry nie iemand hier in SA wat hulle aanhou nie. Ek het 'n vriend aan daardie kant wat hulle kan koop en aanstuur.

Ek doen maar so 'n bietjie huiswerk voor ek koop. Hulle pryse aan daai kant vergelyk ook goed.

Ek hou van die ST en hulle groepeer goed in my boog. Ek het in die verlede so bietjie problem gehad met bloei. Daarom dat ek die Rage punte probeer het. Die goed begin nou net baie duur raak. Tot so ver moes ek in die omgewing van 80% van die lemme vervang na skote op die bokke. Daai Rage lemmetjies breek maklik.

As ek die internet kan glo lyk dit my dat ek die res van my lewe met so 6 Wasp Drones sal kan reg kom.
Mathews Halon 6
Bowtech Specialist
Shoes
Private
Private
 
Posts: 38
Joined: Tue Sep 03, 2013 12:25 pm

Re: Wasp Drone

Postby Erich » Fri Aug 19, 2016 2:18 pm

Kyk ook na NAP se hellraiser of G5 se montec vir fixed blade
Of na G5 se T3 mech of NAP se spitfire

Groete
Mathews Monster 7
Erich
Private First Class
Private First Class
 
Posts: 83
Joined: Mon Jan 26, 2015 11:34 am
Location: Nylstroom

Re: Wasp Drone

Postby Egbie Compion » Sat Aug 20, 2016 6:12 pm

Ek het nog net goeie resultate van G5 se T3's gekry. Sterk lemme en baie goeie "cutting diameter"
Egbie
Mathews Drenalin 70#
29 Inch draw
Carbon Express Pile Driver small diameter 520gr
G5 T3 mechanical broadheads.
User avatar
Egbie Compion
Corporal
Corporal
 
Posts: 135
Joined: Wed Aug 13, 2014 5:31 pm

Re: Wasp Drone

Postby Volmaan » Mon Aug 22, 2016 8:22 am

Shoes

Wat is jou treklengte en ponde?
Bowtech Reign 7,70lbs
Hoyt Carbon Defiant Turbo 70lbs
Volmaan
Staff Sergeant
Staff Sergeant
 
Posts: 728
Joined: Fri Apr 26, 2013 10:30 am
Location: Pretoria

Re: Wasp Drone

Postby Shoes » Mon Aug 22, 2016 1:09 pm

Volmaan my treklengte is 28 duim teen 68 pond.

Ek het die naweek weer met 100 grein ST gespeel, beide standaard en magnum en hulle albei groepeer mooi.

Ek het einde Mei 'n Blouwildebees geskiet en goeie penetrasie gekry. Ponde was toe nog op 65. Pyl was dwarsdeer maar het nog in die bok bly sit. Daar was net omtrent geen bloedspoor nie. Gelukkig het ons hom maklik gekry.

Ek moet nou net iets kry om my besig te hou tot die volgende jagseisoen.
Mathews Halon 6
Bowtech Specialist
Shoes
Private
Private
 
Posts: 38
Joined: Tue Sep 03, 2013 12:25 pm

Re: Wasp Drone

Postby Volmaan » Mon Aug 22, 2016 1:29 pm

Daai specs op 'n Halon 6 is meer as genoeg.

In my toetse en ervaring is daar een aspek van 'n BH wat nie baie aandag geniet nie en dit is die ferrule dikte/ omtrek.

Die Slicktrick/ Vipertrick gee uitstekende penetrasie tsv die feit dat daar 4 lemme is omrede die ferrule meestal dunner as die pylskag is. Dit bly waarskynlik die beste waarde vir geld. Toe my seun nog onder 40 KE geskiet het het die ST standaard amper beter penetrasie gegee as die Rage Low KE.

Nog 'n BH wat puik penetrasie gee is die Carbon Express XT4 en hulle is redelik gehard.

As jy meer gehard wil gaan bly die German Kinetics maar baas in my ervaring, is relatief maklik om self in te voer en is baie gehard. Ek het al 16 bokke met een 125gr laat val en hy is reg vir nog.
Bowtech Reign 7,70lbs
Hoyt Carbon Defiant Turbo 70lbs
Volmaan
Staff Sergeant
Staff Sergeant
 
Posts: 728
Joined: Fri Apr 26, 2013 10:30 am
Location: Pretoria

Re: Wasp Drone

Postby henried » Mon Aug 22, 2016 1:31 pm

Hier is 'n video op die forum waar ek 'n BWB op 25m met 'n ST geskiet het, sy het na 30m geval. Die bloed het by haar neus uit geloop na 10 tree. Die pyl is 40m deur haar, basies selfde ponde as jy, nog met my ou Switchback. Dit was dubble long skoot.

Hier is die video: https://youtu.be/45eBK5vpM1w
Life Christian Adventure
www.lifeca.org
User avatar
henried
Major
Major
 
Posts: 1991
Joined: Mon Jul 14, 2008 3:49 pm
Location: Vanderbijlpark

Re: Wasp Drone

Postby VdW » Mon Oct 03, 2016 12:56 pm

20161003_085308.jpg
20161003_085308.jpg (169.35 KiB) Viewed 1694 times

Ek het toe my Drones gekry! Ek sal vanmiddag gou kyk of hulle so goed vlieg soos hulle lyk. Hulle is van die skerpste bh wat ek nog gesien het.

Sent from my SM-G925F using Tapatalk
VdW
Second Lieutenant
Second Lieutenant
 
Posts: 1215
Joined: Sun Nov 09, 2008 12:44 pm

Re: Wasp Drone

Postby Shoes » Mon Oct 03, 2016 1:48 pm

VdW Kan jy my sê waar jy hulle gekoop het of het jy hulle self ingebring.
Mathews Halon 6
Bowtech Specialist
Shoes
Private
Private
 
Posts: 38
Joined: Tue Sep 03, 2013 12:25 pm

Re: Wasp Drone

Postby VdW » Mon Oct 03, 2016 2:07 pm

Ou wat saam met my werk het hulle vir my saam gebring + 'n Kershaw knipmes vir net $9.99 . :mrgreen:
Dit was $30 per pakkie en dan kry mens nog 2 stelle replacement blades per pakkie saam.
VdW
Second Lieutenant
Second Lieutenant
 
Posts: 1215
Joined: Sun Nov 09, 2008 12:44 pm

Re: Wasp Drone

Postby VdW » Mon Oct 03, 2016 5:17 pm

Hulle vlieg soos 'n droom!

Sent from my SM-G925F using Tapatalk
VdW
Second Lieutenant
Second Lieutenant
 
Posts: 1215
Joined: Sun Nov 09, 2008 12:44 pm

Re: Wasp Drone

Postby Shoes » Tue Oct 04, 2016 11:21 am

Thanks. Vandat ek na die toetsverslag op Antlergeeks gekyk het spook hulle by my. Sal hulle graag self wil toets.

Hoop jy kry goeie jagresultate.
Mathews Halon 6
Bowtech Specialist
Shoes
Private
Private
 
Posts: 38
Joined: Tue Sep 03, 2013 12:25 pm

Next

Return to Equipment Reviews

cron