Camo Meat - Estelle Nell Taxidermy

Post some tips on processing of meat and also tricks on skinning certain animals.

Moderators: Jakkas, Guardian, hawkster, Gerhard, jcdup, James

Camo Meat - Estelle Nell Taxidermy

Postby Shaka » Tue Mar 13, 2012 8:45 am

Estelle Nel Taxidermy wil graag aan alle jagters ‘n voorspoedige jagseisoen toe wens, en almal herinner dat ons oop is vir besigheid, en uitsien na die nuwe trofees wat vanjaar sal inkom.

Ons is ongeveer 3 kilometer buite Bela-Bela op die Thabazimbi-pad. Jagters is welkom om die kwaliteitwerk te kom besigtig en te kom sien waar die trofees gemonteer word. Ons werk op ’n tydperk van 10-12 maande vir montering van trofees en so 6 maande vir die looi van velle. Daar is ook ’n nuwe blad op ons webwerf waar die trofees wat ons te koop het geadverteer word, enige navrae in verband hiermee kan aan ons kantoor gerig word. Jagters wat beplan om hierdie jagseisoen groot wild soos kameelperde of seekoeie ens. te skiet kan reëlings met ons tref sodat ons ons ervare slagters kan bring om die trofee te kom afslag, om te verseker dat so min as moontlik skade aan die trofee gedoen word.

Estelle Nel Taxidermy het ook nou hulle eie wildverwerking slaghuis, CamoMeat — op dieselfde perseel — waar jagters ook hul vleis kan laat bewerk na ’n jagnaweek. Nou is dit nie meer nodig om ná ’n jagnaweek ’n slaghuis te soek wat die bewerking kan doen nie. Die trofees en die vleis kan op een slag afgelaai word.

Wildboere wat hulle wild uitdun om die getalle te beheer kan ook hul karkasse hier verkoop. Stephen koop enige groot- en kleinwildspesies, daar is ook ’n mark vir kameelperd-, sebra-, olifant- en seekoeivleis. CamoMeat is gedurende die jagseisoen (Mei tot September), Maandag tot Saterdag oop om vleis te ontvang. Ons ontvang ook vleis en trofees Sondae vanaf 11:00 uur die oggend.

Kontak gerus Estelle Nel Taxidermy by tel 079 876 2289 of besoek ons nuwe webwerf by www.estelleneltaxidermy.co.za en Camo Meat by 082 450 8243 (Stephen).

Image
Genesis 27:3 "Vat nou jou skietgoed, jou pyl en boog, en gaan veld toe en skiet vir my 'n stukkie wild."
Bowtech Destroyer 340
125gr ST's
Image
User avatar
Shaka
Captain
Captain
 
Posts: 1545
Joined: Tue May 26, 2009 3:58 pm
Location: Bedfordview - Johannesburg

Re: Camo Meat - Estelle Nell Taxidermy

Postby CT01 » Sun Dec 01, 2013 9:07 pm

Best BWB dry wors I've ever tasted plus they can quote on arranging delivery of the processed meat to JHB
CT01
Recruit
Recruit
 
Posts: 6
Joined: Sun Oct 13, 2013 6:00 pm


Return to Meat Processing