mes combo

The true passion of every hunter

Moderators: Jakkas, Guardian, hawkster, Gerhard, jcdup, James

mes combo

Postby Buckweed » Mon Dec 28, 2009 7:53 pm

Image



Hier is n mes combo wat ek so n ruk terug gekoop het. Dit was ook in een of ander tydskrif ge adverteer en ek weet nie of dit nog beskikbaar is nie(dink dit was die WEG tydskrif)

Die prys was so net onder R200 wat nie te bad was as jy kyk wat jy kry nie. n jagmes, n slagmes, n been saag en dan weet ek nou nie wat is mens veronderstel om die half ronde lem te noem nie ma hy werk lekker vir opsny en om spices ens fyn te maak met sy rol aksie.

Die chroom het die plek gevat vir van die carbon in die lemme om te keer dat hy roes en dit maak dat hy sy edge nie so lank hou nie, maar enige mes word stomp en die lekker van die ene is hy vat nie so lank om skerp te maak nie.

Ek soek nog een van daai slypers wat hulle in die slaghuise verkoop om my messe op skerp te maak maar ek gril so as ek die pryse op dit sien ek sit dit dadelik neer.

My fillet mes wat ek op die vis gebruik (so n regte parra slagter) is sommer so n inverted boepens in geslyp, maar hy werk nog steeds soos n ...amper se ek bom :?

Daas darm niks so erg as mens n ding gespine het en jy moet sy keel try af vyl met n stomp klip nie :evil:
The Gods do not deduct from a mans alloted lifespan the amount of time spent hunting or fishing!!!!
User avatar
Buckweed
Private First Class
Private First Class
 
Posts: 51
Joined: Sun Dec 20, 2009 1:00 pm
Location: Pretoria

Postby johanj » Tue Dec 29, 2009 12:50 pm

Dit lyk na 'n great mes. Ek is al lank op soek na 'n jagmes wat aan verskeie vereistes moet voldoen en het dit gekry in die Leatherman Steens mes. Kyk na http://www.youtube.com/watch?v=9POpjqhfBkA

Die enigste probleem is die prys. Tot en met hede was die prys so R2700 - R2500 maar ek het nou een opgespoor by 'n plaaslike verskaffer vir R1640.00 Ek dink dit is 'n puik deal en sal hom hopelik later die week gaan optel.
Always strive for Quality-of-Life....
Hoyt Alphamax 35 - 70# - 31"DL
Hoyt Alpha Elite - 60# - 30"DL
User avatar
johanj
Captain
Captain
 
Posts: 1670
Joined: Fri Jun 26, 2009 1:19 pm
Location: Paarl, Cape Town

Postby Buckweed » Tue Dec 29, 2009 7:53 pm

Die eerste keer toe ek daai mes sien (in die Bowhunter mag)toe weet ek dis n bakgat mes en hyt my lekker aante drewl gehad.

Ek het toe n ander mes gekoop gehad. Soos dit nou ma is met ietsie wat bakgat is, laaik ander mense hulle ook :evil: ...needless to say, hys nou weg soos laasmaand.

As ek darm daai tyd daai mes van jou gan koop het sou ek wragtag al die pad terug gery het kaap toe om die ou wat hom geleen het te gaan oortuig het dat dit eintlik my eiendom is. :argue: :ohreally:

Pas hom mooi op.
The Gods do not deduct from a mans alloted lifespan the amount of time spent hunting or fishing!!!!
User avatar
Buckweed
Private First Class
Private First Class
 
Posts: 51
Joined: Sun Dec 20, 2009 1:00 pm
Location: Pretoria

Postby BandK » Tue Jan 05, 2010 3:30 pm

As julle belangstel in die Leatherman Messe, gaan kyk gerus na Awesometools se website. www.awesometools.co.za. As ek dit reg het, is hulle ook die ouens wat die "product support" op die Leathermans doen.

dit lyk asof die Ukiah 'n minder "flashy" weergawe van die Steens is met dieselfde funksies en so R400.00 minder in prys. Hier is 'n link: http://www.awesometools.co.za/group.php?group=5

PS - ek hou van die combo stel - dit kan baie hancig wees
BandK
Recruit
Recruit
 
Posts: 3
Joined: Thu Oct 22, 2009 10:59 pm


Return to Hunting Knives

cron