Die gebruik van n vyl.

The true passion of every hunter

Moderators: Jakkas, Guardian, hawkster, Gerhard, jcdup, James

Die gebruik van n vyl.

Postby Dirty Harry » Mon May 17, 2010 3:39 pm

Ek is nuut in die maak van messe,wats julle gevoel om n ou vyl te gebruik.Ek dra nie die kennis of die toerusting om staal te temper of verhard.Ek wel gesien ek moet dringend n belt sander en bench grinder kry.Ek nou al so op my eie n byl en is tans besig met n lem gemaak en hel dis lekker.
Dirty Harry
Private
Private
 
Posts: 16
Joined: Tue Apr 13, 2010 3:03 pm
Location: Springs

Postby HR81 » Mon May 17, 2010 3:58 pm

Hi DH, ek gebruik al so tydjie lank ou vyle om messe van te maak.
Een ding wat jy van moet seker wees is dat die vyle nie 'case hardened' is nie. Dit beteken basies dat die staal binne die vyl k@k is en die goeie staal buite om is.
Kyk vir ou vyle by tweedehandse tool shops, nicholson vyle werk goed.

Heat treat op die tipes staal is ook relatief maklik, ek doen dit sommer in die vuur.

Maak die vyl warm totdat dit nie meer magneties is nie en quench dan in olie, as jy n vyl na die tyd oor hom hardloop en dit byt nie in die staal nie is hy hard. Dan bak jy hom in mamma se oond teen so 180 grade vir n uur of twee, basies tot die staal strooi kleurig is.

In SA gebruik die ouens nie graag stale soos 01 en so nie aangesien almal die stainless super stale verkies maar daar is niks fout met die lemme nie, jy moet hom net mooi oppas.

n Goeie site om te gaan besoek is www.britishblades.com, hulle cover als van mes maak en nog baie meer.

Nou gaan ek terug sit sodat die ouens wat baie weet ons albei kan reg help maar dit wat ek geskryf het is maar die basics en dit werk vir my.
Stil soos n landmyn...
HR81
Specialist
Specialist
 
Posts: 201
Joined: Fri Feb 13, 2009 2:33 pm
Location: Brackenfell

Postby Dirty Harry » Tue May 18, 2010 8:31 am

Dankie meester, ek gaan saterdag so bietjie krap vir vyle.Ons het n paar goeie winkels hier ek's seker ek gaan regkom.Ek moet iewers begin weereens dankie.
Dirty Harry
Private
Private
 
Posts: 16
Joined: Tue Apr 13, 2010 3:03 pm
Location: Springs


Return to Hunting Knives