Page 1 of 1

Broadhead?

PostPosted: Wed May 10, 2017 7:05 am
by VdW
Ek is nuut in die kruisboog ding en wou sommer hoor van die van julle wat reeds met eens skiet.
Wat se broadheads gebruik julle? Hoe werk hulle oor die algemeen?

Ek het al 'n jong rooibok ram met myne met 'n Drone geskiet en dit het soos 'n droom
gewerk. Nou wil ek iets groter die nawek skiet en soos hy nader kom lyk daai bh al kleiner!!

Re: Broadhead?

PostPosted: Wed May 10, 2017 9:01 am
by SV MAD
ek het van die 170gr NAP FOC's wat eintlik n kruisboog BH is. Ek het een bok geskiet met een. Sny n 3duim tonnel deur die bok. Awesome BH's, baie sterk en lemme bly skerp ook.

Re: Broadhead?

PostPosted: Wed May 10, 2017 10:06 am
by Eraser
Skootplasing is maar die deurslag. Ek ken nie veel van die kruisboog kant nie maar en weet dit, met Slick Trick voor op 'n pyl wat teen 400f/s trek skiet jy die ding dood. NAP se Spitfire hou nie te veel van al die krag agter hom nie dus is daai FOC wat Henk van praat die Mech punt om na te kyk.

Ek persoonlik sal nie te veel worry oor die punt nie. As die pyl die regte spot tref sal die punt sy werk doen. Ek sal sorg dat die pyl in die onderste derde van die lyf in die killzone tref. Daar gaan jy deur die dik longe en bokant van hart.
Daai Drone lyk na 'n robust BH en so iets tussen die Muzzy en Slick Trick. As hulle mooi vlieg sou ek sĂȘ gebruik hulle. Persoonlik glo ek jy sal nie sukkel om selfs Eland suksesvol te skiet nie.

Re: Broadhead?

PostPosted: Wed May 10, 2017 10:25 am
by VdW
Daai Drone wat ek gebruik het lyk nog soos 'n nuwe een. Hulle vlieg mooi
en die hele BH is staal. Ek glo ook maar net ek moet maar net raak skiet. Ek het so
baie van hulle anders sou ek seker na die gewone ST gekyk het. Ek het ook nog
Viper Tricks in die kas.

Re: Broadhead?

PostPosted: Wed May 10, 2017 10:35 am
by Eraser
VdW wrote:Daai Drone wat ek gebruik het lyk nog soos 'n nuwe een. Hulle vlieg mooi
en die hele BH is staal. Ek glo ook maar net ek moet maar net raak skiet. Ek het so
baie van hulle anders sou ek seker na die gewone ST gekyk het. Ek het ook nog
Viper Tricks in die kas.


Daai Viper Tricks is net sulke lekker punte. Nee wat, jy is reg!

Re: Broadhead?

PostPosted: Mon May 15, 2017 2:54 pm
by VdW
Ek het nou al 2 rooibokke met die kruisboog en die Drones geskiet. Die lemme is sterk
en skerp en vlieg mooi........MAAR!! Ek mis die Rage en Killzones se korter en baie meer
bloedspore.

Ek weet nie of ek die elke keer met 'n Rage deur die bok sou geskiet het
soos die Drones nie, want 'n rooibok se bene stop nie die Drone nie, maar ek weet
ek sou die bokke baie vinniger opgetel het met presies die selfde skote.

Re: Broadhead?

PostPosted: Mon May 22, 2017 5:54 pm
by VdW
Ek het nou my Viper Tricks gekruis met Grizztricks. Ek het die Viper se bleeder met die Grizztricks se lem vervang. My kruisboog weet nie van die verskil nie. Hulle skiet nog steeds op die kol.

Sent from my SM-G925F using Tapatalk