Kyk wat doen ek toe gisteraand! (02-09-2010)

Discuss everything related to crossbows in general.....

Moderators: Jakkas, Guardian, hawkster, Gerhard, jcdup, James

Kyk wat doen ek toe gisteraand! (02-09-2010)

Postby Lood » Fri Sep 03, 2010 2:09 pm

Vir 'n jaar en 4 maande soek ek en Gatsaam al na wilde varke rondom Malmesbury. Paar keer al naby gekom om een plat te trek, maar nog nooit kon ons die knoop deurhaak nie. Gisteraand besluit ek toe sommer so spontaan om 'n slag 'n draai te gaan maak op die plaas. Stap toe so 19:30 weg van die bakkie met my hele pakerasie na die plek wat Gatsaam aanbeveel het. Moet sê, was maar bietjie bangerig om so op my eie in die donker op die plaas rond te loop, maar het darem volhard tot by my bestemming. Daar gekom het ek my plekkie reg gekry en toe begin stil raak. Dit was 'n pragtige aand en die luggie het net so liggies in my guns getrek. Ek het plek ingeneem op 'n hoop grond seker so 2m hoog. Voor my loop daar 'n stroompie uit die berg wat later 'n modder poel raak waar ons al baie spore gekry het. 20:20 hoor ek toe 'n geblaas en ore wat klap soos wat Bacon sy kop skud. Ek skakel toe die rooi flits aan en skyn in die rigting van die geluide. En daar staan die bogger toe, seker so 60m van my af. Hy het niks van my geweet nie. Ek besluit toe om die lig aan te los en net te laat sak tot voor my. Ek hoor toe hoe die vark al hoe nader kom en elke nou en dan lig ek om te kyk hoe ver hy is. Hy merk my glad nie op nie en stap dood luiters nader. Soveel so dat ek kon wag tot hy so 7m van my was voor ek die pyl laat loop het. Dis net modder en water soos hy daar wegtrek. 'n Mooi long/hart skoot. Ek volg hom met die lig en sien gou dat hy nie ver gaan hardloop. Hy het so paar draaie gemaak (in totaal het hy nie verder as 40 tree gehol nie) voor hy in die bosse net onder my gaan lê het. Die adrenalien pomp teen die tyd so dat my bek droog is, my arms lam is, my kop seer is en my maag begin werk! Ek raak toe weer rustig om hom kans te gee om stil heen te gaan. Na seker so 2min is dit doodstil en ek besluit om vir Gatsaam te bel sodat hy my kan kom help. Baie opgewonde, jaag my vriend toe deur om my in hierdie tyd van blydskap te kom bystaan. Ek is so opgewonde, bly en trots dat ek net wil skreeu, maar ek hou myself in en wag geduldig en gedwee totdat Gatsaam so 20min later by my opdaag. Eers moes ek bietjie vertel wat gebeur het en wys waar en wat en alles.... Toe gaan soek ons. Die vark het net so 10m agter die hoop grond waarop ek gesit het gaan lê en daar het ons hom ook gekry. Wat 'n aand en wat 'n ervaring. FANTASTIES!
Ek wil darem ook net vir my maat se baie dankie vir sy ondersteuning en bystand. Na regte moes hy die een gewees het wat eerste 'n vark kry, maar dis nou maar die "luck of the draw". Nou kan ons al ons energie op jou fokus en seker maak ons kry daai vark!

Image

Image

Image
Lood
Private
Private
 
Posts: 25
Joined: Mon Jun 15, 2009 4:24 pm

Postby jcdup » Fri Sep 03, 2010 2:22 pm

Geluk! Mooi vark en lekker storie. Dankie.
~
In the end time will tell...
User avatar
jcdup
Lieutenant General (Super Mod)
Lieutenant General (Super Mod)
 
Posts: 2266
Joined: Fri Jun 29, 2007 8:33 pm
Location: Kempton Park

Postby henried » Fri Sep 03, 2010 2:24 pm

Lekker vet vark, baie gelukl.
Life Christian Adventure
www.lifeca.org
User avatar
henried
Major
Major
 
Posts: 1993
Joined: Mon Jul 14, 2008 3:49 pm
Location: Vanderbijlpark

Postby Shaka » Fri Sep 03, 2010 2:31 pm

Baie geluk!! Baie nice vark en dankie vir 'n great storie. Dit het nou my dag gemaak!!
Genesis 27:3 "Vat nou jou skietgoed, jou pyl en boog, en gaan veld toe en skiet vir my 'n stukkie wild."
Bowtech Destroyer 340
125gr ST's
Image
User avatar
Shaka
Captain
Captain
 
Posts: 1545
Joined: Tue May 26, 2009 3:58 pm
Location: Bedfordview - Johannesburg

Postby HR81 » Fri Sep 03, 2010 2:40 pm

In Malmesbury nogal, my broer huur ook n plaas daar naby...

Lyk my ek sal n draai moet gaan maak :wink:

Baie geluk en dankie vir die lekker storie
Stil soos n landmyn...
HR81
Specialist
Specialist
 
Posts: 201
Joined: Fri Feb 13, 2009 2:33 pm
Location: Brackenfell

Postby pioneer » Sat Sep 04, 2010 7:26 pm

mooi vark baie geluk
pioneer
Private
Private
 
Posts: 22
Joined: Mon Oct 12, 2009 8:07 pm
Location: Potchefstroom Noord wes

Postby johanj » Mon Sep 06, 2010 8:13 am

Nie gweet die outjies loop hier op my agterplaas rond nie. Baie geluk.
Always strive for Quality-of-Life....
Hoyt Alphamax 35 - 70# - 31"DL
Hoyt Alpha Elite - 60# - 30"DL
User avatar
johanj
Captain
Captain
 
Posts: 1670
Joined: Fri Jun 26, 2009 1:19 pm
Location: Paarl, Cape Town

Postby bow007 » Mon Sep 06, 2010 8:21 am

Baie geluk... klink na 'n lekker ervaring! Dis dalk een v die dae my beurt... ek probeer ook die otte opspoor
"I do not hunt for the joy of killing but for the joy of living, and the inexpressible pleasure of mingling my life however briefly, with that of a wild creature that I respect, admire and value."

Bowtech Allegiance '07, 73lbs, 29"
Winner's Choice string
Truglo 5pin sight
NAP drop-away
308fps with 432gr Beaman Arrows

Elite GT500, 81#, 29"
VaporTrail Drop-away
User avatar
bow007
Second Lieutenant
Second Lieutenant
 
Posts: 1068
Joined: Mon Sep 14, 2009 11:11 pm
Location: Nelspruit

Postby Vaughn » Thu Sep 09, 2010 12:34 pm

Geluk !! Mooi vark... wat het hy uitgeslag?
"Blessed are the cracked, for they let in the light"
User avatar
Vaughn
Sergeant First Class
Sergeant First Class
 
Posts: 754
Joined: Tue Jan 19, 2010 1:37 pm
Location: Birch Acres, Gauteng


Return to General Crossbow discussion

cron