Nog varke

Discuss everything related to crossbows in general.....

Moderators: Jakkas, Guardian, hawkster, Gerhard, jcdup, James

Nog varke

Postby Lood » Tue Feb 08, 2011 5:11 pm

Eers moet ek begin deur te sê dat dit wragtig nie maklik is om hierdie wilde varke te jag nie! Hulle het geen vaste patroon nie en word ook nie gelok deur voerplekke nie. Dit nou daar gelaat.

Ek en Gatsaam het gisteraand gou weer 'n draai gaan stap om te kyk of ons varke kon kry en raai wat......
Eers het ons 'n trop met klein varkies gekry. Ons het hulle ingewag en hulle het ons skote gebied so op 20 tree. Dit was alreeds donker en skoot plasing is maar moeilik in die donker. Gatsaam het tot 3 getel en ons het saam die pyle laat vlieg. Toe die stof gaan lê was daar een vark(kie) wat in die slag gebly het! Die vark het 11kg geweeg.

Daarna het ons beweeg na 'n ander kol waar ons gereeld varke sien. Na 'n lang geredekawel oor waar ons sou sit en wag het ek vir Gatsaam gevra om gou net met die flits te skyn onder die boom waar ons hulle al gesien het. Wragtig! Daar staan die ou beer toe! Seker so 23 tree van ons af, salig onbewus van ons teenwoordigheid - net soos ons ook maar onbewus was van sy teenwoordigheid! Weereens het beide van ons reg gemaak (redelik bewerig) vir die skoot en op die telling van 3 het die pyle weer gevlieg. Beide van ons het 'n mooi skoot op die vark gekry en ons pyle was net so 10cm uitmekaar. Die vark het na sowat 50m loop lê. Na 'n lang gesoek tussen die bosse het ons hom gekry. Dit is 'n GROOT vark en daar was redelik gestoei om hom uit die bosse gesleep te kry. Ek het op twee geleenthede 'n stukkie van die plaas gekoop met die uitsleep en 'n ou kuit besering is ook in die proses weer vererger! Die vark het 118kg geweeg (hele vark, nie net die karkas nie).

Dis die eerste keer in twee jaar se gejag na varke wat ons planne uiteindelik uitgewerk het!

(Ons het nie die Swaan op die foto geskiet nie :P )

Image

Gatsaam (trotse jagter 1):
Image
Dis baie donker saans en snaaks genoeg kry ons toe hierdie vark met kopliggie en al!

Lood (trotse jagter 2):
Image
Last edited by Lood on Wed Feb 09, 2011 8:35 am, edited 1 time in total.
Lood
Private
Private
 
Posts: 25
Joined: Mon Jun 15, 2009 4:24 pm

Postby johanj » Wed Feb 09, 2011 8:25 am

Sjoe - baie mooi. Was daai 118kg die karkas gewig na hy geslag was of die dooie vark se gewig?
Always strive for Quality-of-Life....
Hoyt Alphamax 35 - 70# - 31"DL
Hoyt Alpha Elite - 60# - 30"DL
User avatar
johanj
Captain
Captain
 
Posts: 1670
Joined: Fri Jun 26, 2009 1:19 pm
Location: Paarl, Cape Town

Postby Lood » Wed Feb 09, 2011 8:29 am

Nee, nie die karkas nie, maar wel die dooie vark se gewig.
Lood
Private
Private
 
Posts: 25
Joined: Mon Jun 15, 2009 4:24 pm

Postby RyanG » Wed Feb 09, 2011 9:53 am

Sorry gents but that is a very small pig. Both hunters taking shots at the same time in half dark light, sounds more like playing than hunting to me.
RyanG
Private
Private
 
Posts: 36
Joined: Tue Jan 04, 2011 10:03 am
Location: Durban

Postby Lood » Wed Feb 09, 2011 10:30 am

RyanG wrote:Sorry gents but that is a very small pig. Both hunters taking shots at the same time in half dark light, sounds more like playing than hunting to me.


Mmmm... Ryan, sonder om nou in 'n lang argument met jou betrokke te raak: Hierdie is "Farrel pigs". Hulle is 'n absolute pes in ons omgewing en rig geweldige skade aan die boere se plase, die inheemse plante groei asook die klein diertjies aan. Cape Nature en al die boere verwelkom hulp om van hierdie diere ontslae te raak en daarom dan ook die rede hoekom hulle met 'n kruisboog geskiet mag word. Ja, die een vark is klein, maar ons het nie saam geskiet na die klein varkies nie, gelyktydig! Ek dink nie jy verstaan my storie nie, siende dat jy in Engels antwoord. Ons het elkeen na ons eie "klein varkie" geskiet en kon net een raak geskiet kry - wat ook al die rede. Klein of-te-not; hulle rig nog altyd groot skade aan! Wat die groot vark aan betref: ons het al beide op herhaalde geleenthede briljante skoot plasings op groot varke gehad, maar omdat hierdie diere so taai is hardloop hulle eenvoudig te ver die bosse in en kan ons hulle dan nie volg nie. Om hierdie rede het ons besluit om saam op die groot vark te skiet om sodoende meer skade aan te rig en dus te veroorsaak dat die vark vinniger vrek. Ons skiet met 'n skerp flits (LED Lenser T7) wat tot 200m ver skyn. Alhoewel hierdie flitse so sterk is, is dit immers nog altyd moeiliker om in die nag te skiet as in die dag! Skoot plasing op die groot vark was perfek en ons kon die dier opspoor omdat hy gou genoeg gevrek het. Dit het dan nou ook tot gevolg gehad dat ons die dier aan die werkers op die plaas kon gee, so die vleis kan gebruik word.
Trots, JA :!: Playing; jou M:prof:R man :!: Jy het geen benul hoeveel tyd, oefening en toewyding ons daaraan spandeer om hierdie diere in die nag (die enigste tyd wat hulle aktief is) te kan jag nie. Pleks jy geniet net die storie......

RyanG ek sien jy is 'n man wat redelik baie komentaar het en behep is met pryse, maar het nie self iets interessants wat in die lewe aangaan nie.... Sal dit dan nou die enigste manier wees hoe jy jouself kan besig hou? Om maar net altyd kommentaar te lewer? Get a life buddy!!
Lood
Private
Private
 
Posts: 25
Joined: Mon Jun 15, 2009 4:24 pm

Postby JDC » Thu Feb 10, 2011 2:32 pm

Hey Lood /Gatsaam

Well done on your hunt
Don't worry about RyanG, I think he is just kidding you.
AND ANYWAY -- he is from durban 'so ag shame" give him a break.

Cheers
Johnno
JDC
Private
Private
 
Posts: 12
Joined: Sat Dec 18, 2010 3:00 pm

Re: Nog varke

Postby Shaka » Thu Feb 10, 2011 3:15 pm

Lood wrote:Image


Dit was seker maklik om hom te stalk met daai koplig wat so helder skyn?
Genesis 27:3 "Vat nou jou skietgoed, jou pyl en boog, en gaan veld toe en skiet vir my 'n stukkie wild."
Bowtech Destroyer 340
125gr ST's
Image
User avatar
Shaka
Captain
Captain
 
Posts: 1545
Joined: Tue May 26, 2009 3:58 pm
Location: Bedfordview - Johannesburg

Postby jacovanr » Thu Feb 10, 2011 3:17 pm

Ek sien daar op die 2de foto dra die vark 'n LED Lenzer Koplig . . . . . Dan is dit seker nie te moeilik om hulle in die nag op te spoor nie ? :lol: :lol: :lol:
-------------------------------------

- Bowtech Destroyer 350
- 30" @ 72#
- CX Limb Driver 350
- 100gr Scorpion XP
- 100gr Rage 2-Bladers
- 490gr @ 297fps = 95.9 KE
User avatar
jacovanr
Sergeant
Sergeant
 
Posts: 350
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:15 pm
Location: Centurion, Gauteng

Postby BowtechD » Thu Feb 10, 2011 5:17 pm

Lodiaan, jammer maar hierdie is wel ‘n FORUM waar jy oor verskillende onderwerpe kommentaar kan lewer, beide goed of sleg.

Baie geluk met jou varke, het nog nooit van hul gejag nie, dit is ‘n groot beer, ek sou persoonlik nie die kleintjies geskiet het nie of te gelyke tyd skiet nie, maar dit is my opinie. As jy enige iets op ‘n FORUM plaas gaan jy reaksies kry, beide goed en sleg. Glo my ek het ook al paar reaksies gekry oor my jagte etc.

Jou terugvoering aan RyanG in die geval staan my wel dwars. Ek laat dit maar daar.

Veel sukses met jul verdere jagte.
If you always do what you always did then
you'll always get what you always got...
BowtechD
Sergeant
Sergeant
 
Posts: 401
Joined: Fri Jun 18, 2010 4:12 am
Location: Centurion

Postby bow007 » Fri Feb 11, 2011 1:18 pm

Mooi vark ou Lood.. .ek sal self een wil skiet. Wat die klein knapie aanbetref, ek weet van baie manne wat klein vlakvarke skiet vir die spit... so ek gaan jou nou nie aanvat nie! Sterkte
"I do not hunt for the joy of killing but for the joy of living, and the inexpressible pleasure of mingling my life however briefly, with that of a wild creature that I respect, admire and value."

Bowtech Allegiance '07, 73lbs, 29"
Winner's Choice string
Truglo 5pin sight
NAP drop-away
308fps with 432gr Beaman Arrows

Elite GT500, 81#, 29"
VaporTrail Drop-away
User avatar
bow007
Second Lieutenant
Second Lieutenant
 
Posts: 1068
Joined: Mon Sep 14, 2009 11:11 pm
Location: Nelspruit

Postby ventera1 » Fri Feb 11, 2011 2:11 pm

Geluk man.
Ek sou ook daai kleintjie geskiet het - Soos Bow007 se - vir die spit is hulle die lekkerste.

Buitendien - klein of te not - Hulle is 'n pes en 'n indringer spesie. As jy hom kan kry, skiet hom - voor hy meer skade kan aan bring.
Adriaan Venter

Bowtech Assasin
Apex 4-pin sight
Vapour Trail Limb Driver Rest
10 inch Limbsaver Modular Stab
Carbon Express Piledriver Arrows 500 gr
271 FPS and 81 Feet Pounds

Image
User avatar
ventera1
Sergeant First Class
Sergeant First Class
 
Posts: 793
Joined: Fri Jul 10, 2009 2:49 pm
Location: Centurion

Re: Nog varke

Postby Big D » Mon Feb 14, 2011 8:46 am

Shaka wrote:
Lood wrote:Image


Dit was seker maklik om hom te stalk met daai koplig wat so helder skyn?


yell Shaka, jy weet mos, as ons ouer raak raak onse oe ook swakker. Ek neem aan dat dieselfde geld vir die varke ook :wink:
"Calm your heart, slow your breathing and deal with what is in front of you"
User avatar
Big D
Lieutenant Colonel
Lieutenant Colonel
 
Posts: 2452
Joined: Thu Oct 23, 2008 8:57 am
Location: Boksburg


Return to General Crossbow discussion

cron