Waar jag wie?

Post your hunting opportunities here, what facilities & services do you offer ...................( please post all costs/fees )

Moderators: Jakkas, Guardian, hawkster, Gerhard, jcdup, James, timspawn

Re: Waar jag wie?

Postby Bernhardt » Thu Oct 12, 2017 9:49 am

Janus, ek en jy het al hieroor gesels en ek verstaan jou punt van dat jy nie op aanwas kan staat maak nie. Jou pryse is jou prys en as jy vol is is dit goed, en ek is bly dat dit goedgaan met jou plaas.

My probleem is ek het nie genoeg geld om net te skiet omdat ek wil skiet nie. Ek is ook maar een van daai ouens wat n besigheidsaak vir meeste dinge probeer opstel. So ek moet kyk dat ek vleis kry vir die jaar en dat dit my op ou einde minder sal kos as in die slaghuis. Anders gaan koop ek net vleis. Maar die hele jag belewenis is vir my lekker.

Om die rede sien ek verblyf en petrol as vakansie geld en werk my vleis uit op die bok se prys en verwerking. MAAR die mensdom (ek) is maar so as jy by een plek dit goedkoper kan kry as n ander, sal jy verseker die goedkoper een vat.

Ek moet se jou plek is awesome en ek dink jou jagters kan oor niks kla nie. Daar is plekke wat nie die helfde daai gerief het nie en R600 n nag vra. Dit is mos belaglik en ek mag dit mos se?

Ek kry elke jaar n pryslys by jou om my besigheidsaak op te trek. Maar soos ek vir jou gese het maak dit nog nie sin vir my nie. En die enigste rede is die ander ouens hoef nie in te koop nie, so weereens neem ek jou nie kwalik nie. Maar ten minste speel ek oop kaarte en dink nie een of ander stupid rede uit nie.

Net soos ek dit vir jou se, sal ek verwag wanneer ek daar jag en ek jaag aan dat jy dit vir my se en dat ek iets daaraan kan doen. Op die manier bou ons n verhouding van vertroue. As ek dan se ek het n skoot gevat en pyl was los bo-oor kan jy eitlik weet jy hoef nie eers te gaan kyk nie.

Ek is dalk heeltemal te eerlik maar ek se eerder presies waar ek met jou staan as wat jy heeltyd moet wonder.

Ek het al 2 baie slegte skote geskiet in my lewe maar het dadelik na skoot die boer gebel en gese ek het strooi aangejaag. Die keer toe my sight opad hide toe gestel het en ek bo-oor bok geskiet het, het die boer nie eers gekyk vir bloed nie want hy het geweet ek sou se. Dis mos hoe mens wil jag.

Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
Hunting:
MONSTER MR7 @ 78# and 28.5"
Boss Hog sight 5 pin
NAP Apache rest
GoldTip Kinetic 200 @ 540gr
Rage Hypodermic, SlickTricks, Nitron, Stinger buzzcut & Killzone

Field:
Bowtech Boss @ 60#
Spot Hog Real deal 5 pin
NAP Nighthawk rest
CC Nightmare 350 @ 400gr
User avatar
Bernhardt
Sergeant First Class
Sergeant First Class
 
Posts: 812
Joined: Fri Jan 17, 2014 1:13 pm

Re: Waar jag wie?

Postby Janus Smit » Thu Oct 12, 2017 10:27 am

Ek stem 100% saam met jou Bernhardt ek jag self darem so nou en dan of nie ek nie my kinders eerder op ander plase en ek soek ook maar die goedkoopste pryse dit maak net sin ons almal doen dit.
Ek jag baie by my broer in Botswana want hy is spotgoedkoop ek is baie duurder as hy maar hou my pryse dop oor 'n jaar of twee dan gaan ek ook kompeterend in die mark wees, ek het laasjaar twee keuses gehad:
1 - Ek maak my pryse duur en hou aan jag vir die volgende twee jaar
2 - Of ek stop jagte heeltemal vir die volgende twee jaar todat ek op my aanwas kan staatmaak en begin dan met goeie pryse -
Ek wou die jaar dit gedoen het om nie te jag nie maar die manne het my mal gemaak en sodoende het ek my pryse aangepas om wild direk te koop en te laat jag.
Ek het onlangs rooibokramme afgelaai R 2200 stuk - bwb bulle R4500 stuk jong koedoebulle 40-44" - R 8000 stuk dit is ongelukkig die realiteit van vlaktewild pryse wat ons deesdae betaal en ek weet dat ek nie daai wild eers vir daai pryse sal kan laat jag nie - gemsbokke en elandbulle is nog erger !
So ja om 'n jagplaas te begin is nogals 'n duur storie maar ons sal wel een of ander tyd in die kompeterende mark val.

Wat my dienste aan die jagter betref probeer ek en Wicus alles in ons vermoee om die jagters so gelukkig moontlik te hou - ons gaan uit ons pad uit om te verseker dat die manne hulle wishlist's vol jag al is dit nie altyd moontlik nie - en ja as daar iets is waaroor ek nie gelukkig is nie gaan ek jou verseker vertel en vra om dit nie weer te doen nie. Ek en Wicus waardeer enige kritiek afbrekend of opbouend hoe anders gaan ek weet wat ons verkeerd doen of wat ons tekortkominge op die plaas is.

Die belangrikste vir my is dat jagters my blinds respekteer en eerlik moet wees. Ek sit nie iemand saam met jagters in die blinds nie my vereiste is 3 pyle in die blind moenie rook of drink nie en wees stil en bly weg van die skietgate af todat jy die skoot vat. Ek het al iemand gehad wat 'n swak skoot geskiet het , die pyl in krip gewas het en stilgebly het min wetend dat ons die diere sien hardloop het en onraad vermoed het.

Sodra diere die blinds met mense begin assosieer gaan jy sukkel om daai blind weer aktief te kry !! Ek haat konflik en probeer al my kliente gelukkig hou en se altyd vir hulle as daar iets nie reg is nie hetsy tydens jagte met die blinds of verblyf enige iets moet hulle ons laat weet dat ons werk kan maak daarvan !

Ek moet ook se dat ons baie gelukkig kan wees ek het nog nie regtig kliente gehad wat moeilik was of aangejaag het dat daar onenigheid of stryery tussen my en 'n klient was nie - ek stem dat mens 'n verhouding tussen al jou kliente opbou jy begin hulle leer ken hulle behoeftes ens dis lekker om hulle jaarliks te sien en ek en baie van my jarelange kliente is nou goeie pelle - en dis tog waaroor alles gaan - lekker tyd in die veld weg van die stad se gejaag - kop skoonmaak - en die ultimate om bietjie te jag - niks beat dit nie !!!
Destroyer 350
Krieghoff 470
Janus Smit
Master Sergeant
Master Sergeant
 
Posts: 915
Joined: Fri Dec 28, 2012 8:08 am
Location: Middelburg Mpumalanga

Re: Waar jag wie?

Postby Janus Smit » Thu Oct 12, 2017 11:18 am

Net so bietjie inligting oor aankoop pryse van wild en hoe dit werk:
Ek het die jaar besluit om soveel moontlik manlike jagdiere aan te koop - nou as die wildvanger vir my jag rooibokramme stuur wissel hulle van 18-22" dan kos daai ramme R2200 stuk sonder BTW en aflewering.
Jag bwb bulle is tussen 24-27" kos R 4500 sonder BTW en aflewering.
Jag blesbokram is tussen 14-16" kos R 2500 sonder BTW en aflewering

My pryse op 'n rooibokram onder 22" is R 1900
Blesbokram onder 16" is R 1900
Bwb bul onder 27" is R 4100

Nou kry ek kliente en ons jag 'n 20" rooibokram dan verloor ek R 300, 15" blesbokram en ek verloor R 600, 26" bwb bul en ek verloor R 400 want my trofee pryse op rooibokke is van 21" af, blesbokke van 16" af en bwb bulle van 27" af - dan praat ek nie eers van BTW en aflewering kostes nie.( Hierdie is net 'n scenario op aankoop wild wat dan tussen my huidige wild loop )

So ek het besluit om my 2018 pryslys nie trofee's te lys nie maar wel Volwasse manlik met minder minimum horing lengtes bv rooibok(20") - R 2500 en Blesbok(15") - R 2800 en Bwb(25") - R 4800 - om deesdae 'n RW dier aan te koop is onmoontlik al hoe daai dier gejag sal kan word is met 'n buitelander as 'n nyalabul naby aan 28" kom is dit min R 30 000 as jy gelukkig is !

Jagbare diere in wildvangers se oe is volwasse diere en het absoluut niks met horinglengtes te doen nie en is baie duurder as familiegroepe omrede die ramme en bulle uitgesoek en geskei moet word van die familiegroepe wat gevang word - net so ter inligting vir wat dit werd is !!
Destroyer 350
Krieghoff 470
Janus Smit
Master Sergeant
Master Sergeant
 
Posts: 915
Joined: Fri Dec 28, 2012 8:08 am
Location: Middelburg Mpumalanga

Re: Waar jag wie?

Postby Janus Smit » Thu Oct 12, 2017 11:29 am

Thanks Dimitri - baie dankie Louwrens ek waardeer !!!
Destroyer 350
Krieghoff 470
Janus Smit
Master Sergeant
Master Sergeant
 
Posts: 915
Joined: Fri Dec 28, 2012 8:08 am
Location: Middelburg Mpumalanga

Re: Waar jag wie?

Postby Bernhardt » Thu Oct 12, 2017 2:42 pm

Janus Smit wrote:Net so bietjie inligting oor aankoop pryse van wild en hoe dit werk:
Ek het die jaar besluit om soveel moontlik manlike jagdiere aan te koop - nou as die wildvanger vir my jag rooibokramme stuur wissel hulle van 18-22" dan kos daai ramme R2200 stuk sonder BTW en aflewering.
Jag bwb bulle is tussen 24-27" kos R 4500 sonder BTW en aflewering.
Jag blesbokram is tussen 14-16" kos R 2500 sonder BTW en aflewering

My pryse op 'n rooibokram onder 22" is R 1900
Blesbokram onder 16" is R 1900
Bwb bul onder 27" is R 4100

Nou kry ek kliente en ons jag 'n 20" rooibokram dan verloor ek R 300, 15" blesbokram en ek verloor R 600, 26" bwb bul en ek verloor R 400 want my trofee pryse op rooibokke is van 21" af, blesbokke van 16" af en bwb bulle van 27" af - dan praat ek nie eers van BTW en aflewering kostes nie.( Hierdie is net 'n scenario op aankoop wild wat dan tussen my huidige wild loop )

So ek het besluit om my 2018 pryslys nie trofee's te lys nie maar wel Volwasse manlik met minder minimum horing lengtes bv rooibok(20") - R 2500 en Blesbok(15") - R 2800 en Bwb(25") - R 4800 - om deesdae 'n RW dier aan te koop is onmoontlik al hoe daai dier gejag sal kan word is met 'n buitelander as 'n nyalabul naby aan 28" kom is dit min R 30 000 as jy gelukkig is !

Jagbare diere in wildvangers se oe is volwasse diere en het absoluut niks met horinglengtes te doen nie en is baie duurder as familiegroepe omrede die ramme en bulle uitgesoek en geskei moet word van die familiegroepe wat gevang word - net so ter inligting vir wat dit werd is !!



En daai is presies hoekom ek se ek verstaan. Ek se vir meeste boere, jy moet doen wat vir jou werk en dit werk verseker vir jou!!!! Mens sien kort kort baie gelukkige kliente agter baie bokke. Waarom sal jy vir een of 2 boogjagters pryse wil verlaag as jy vol bespreek is? Dit maak nie sin nie en sal dom wees

Janus die is glad nie gatkruip nie maar ek het baie respek vir jou en wat jy doen vir jagbedryf. Toe jy met daai buffels ook begin het het ek vinnig agter gekom dis nie soos meeste ander mense wat net geld wil maak nie, dis om mense die geleentheid te bied. Ek sal bly elke jaar vir n pryslys vra, want ek sal jou graag wil ondersteun, en jy is lekker naby aan my!!!!

Baie sterkte, ons almal bid vir groot seen en sukses in 2018 ook!!
Hunting:
MONSTER MR7 @ 78# and 28.5"
Boss Hog sight 5 pin
NAP Apache rest
GoldTip Kinetic 200 @ 540gr
Rage Hypodermic, SlickTricks, Nitron, Stinger buzzcut & Killzone

Field:
Bowtech Boss @ 60#
Spot Hog Real deal 5 pin
NAP Nighthawk rest
CC Nightmare 350 @ 400gr
User avatar
Bernhardt
Sergeant First Class
Sergeant First Class
 
Posts: 812
Joined: Fri Jan 17, 2014 1:13 pm

Re: Waar jag wie?

Postby Renoster » Fri Oct 13, 2017 8:36 am

Ek en my vrou Liezel het 3 jaar terug gejag op Falcodor en dit was vir my nogsteeds een van die lekkerste jagtogte wat ons gehad het, inteendeel was ons daai September weer terug daar vir nog 'n sessie.

Dit was Liezel se eerste boogjag ook, en Wicus en Janus het uit hul pad gegaan om haar te help.

Ek sal graag weer daar wil gaan kuier, so sien baie uit na die forum jag volgende jaar!

Ons was ook al op bekostigbare plase, waar wild skaars is en dan word niks geskiet nie, ek betaal eerder bietjie ekstra en is verseker dat iets gaan bakkie ry.

Ons gaan met 'n budget en skiet volgense die budget, nie volgens spesie nie, dit gee 'n mense meer opsies en groter kans om iets te skiet.

Groete,
Niel
Niel

Hoyt Nitrum 30
User avatar
Renoster
Corporal
Corporal
 
Posts: 100
Joined: Thu Nov 21, 2013 8:54 am

Previous

Return to Hunting Grounds

cron